Sunday, 30 August 2015

Verantwoordelikheid op skool_WEEK 6

WEEK 6

Ons word so baie geleer dat leerders self gemotiveerd moet wees in hul skool werk, en in die skool waar ek myself bevind pas hulle ook hierdie ideologie toe. Hulle werk nie volgens reëls nie, maar eerder volgens waardes. Daar is nie ‘n dissiplinêre stelsel nie, en geen strawwe wat aan die leerders gegee kan word indien hulle ongehoorsaam is nie. Leerders word dus aangemoedig om self die regte besluite te neem, self goeie punte te wil kry, en self verantwoordelikheid te aanvaar vir hul skoolwerk. Tot dusver het ek gedink hierdie is die beste benadering vir ‘n skool, maar na hierdie week het ek ‘n ander siening gekry.

Ek het in een van my vakke vir die leerders ‘n aktiwiteit gegee, en hulle die hele periode gegee om dit te voltooi. Ek was ook beskikbaar en het my hulp aangebied indien hulle iets nie verstaan nie of vrae wou vra. Ek het geweet dis ‘n hoë standard aktiwiteit, en dus het ek hulle voor die tyd voorberei en seker gemaak hulle weet ek is daar om hulle te help. Niemand het hulp gevra nie, en toe ek die aktiwiteite terugkry, was die uitslae pateties. Nie eens net swak punte nie, maar geen moeite is gedoen aan die aktiwiteit nie. Sommige leerders het dit nie eens gedoen nie, of slegs een word antwoorde geskryf.

As gevolg van dit, dink ek dissipline in ‘n skool is belangrik. Hierdie leerders is gewoont daaraan dat hulle kan doen wat hulle wil, want die skool gaan niks aan hulle doen nie. Hulle hoef nie klas toe te gaan nie, want die onderwysers doen niks as hulle bunk nie. Leerders word gewoont gemaak aan ‘n spesifieke standaard in die skool, en omdat hulle nie aangemodig word om te presteer nie, aanvaar hulle dit te maklik om net “average” te wees.


Dus, leerders moet geleer word van dissipline in hul skool werk, en reëls is nodig vir jong mense. Hulle is nog nie volwasse genoeg om aan hul eie lot oorgelaat te word nie. Hulle het nog nie daardie insig nie. Onderwysers en skole moet rigting gee, en deur geen reëls in die skool te hê nie, word leerders gewoont daaraan om nie aan nagevolge te dink nie. Leerders moet dus, volgens my mening, konstruktief opgevoed word binne ‘n sekere raamwerk.
Dissipline is nodig, dit hoef nie op ‘n hoë skaal te wees nie, maar jong kinders kan nie vertrou word om altyd die regte besluite te neem, sonder leiding van die skool, onderwysers, of beheer sisteem nie.

3 comments:

  1. This is a perfect opportunity for you to think about what you would do differently next time around. If you were teaching permanently at this school,how would you instill discipline or make learners more responsible?

    ReplyDelete
  2. Ek glo 'n dissiplinestelsel is van kardinale belang in enige skool, juis om rigting aan te bied vir tieners. Die leerders het beslis 'n raamwerk nodig waarbinne hul hierdie waardes kan uitleef terwyl hulle werk aan hul identiteit. Buig maar die boompie terwyl hy nog jonk is.
    Ek sorg maar altyd dat ek tussen die banke loop as hulle 'n aktiwiteit moet voltooi. Dink dit is belangrik om "presence" te hê in so 'n opset, sodat die leerders verplig voel om te werk. Ek het al in een of twee klasse gesien dat die onderwyser die leerders toelaat om na musiek te luister, met oorfone natuurlik, en op hierdie manier is hulle heelwat gefokus op die taak op hande. Dalk kan jy so iets probeer?
    Sterkte :-)

    ReplyDelete
  3. Dankie Robyn. Ja, ons leerders luister ook baie keer na musiek wanneer hulle take voltooi. Dit werk nogals goed! Ek het later die taak heroorweeg, want ek dink die standaard was dalk te hoog vir hulle, en dit is moontlik hoekom hulle toe nie die aktwiteit kon nie.
    Baie dankie vir die kommentaar en tips :)

    ReplyDelete