WEEK 7
Hierdie proeftydperk kan vir baie mense ‘n breeze wees. 9 weke waar jy as
proefstudent dag na dag in die personeelkamer kom sit en Facebook. Om ‘n
onderwyser te wees verg baie selfmotivering en positiewe denke en
verantwoordelikheid. Om ‘n top klas onderwyser te wees is regtig jou eie
besluit. Niemand gaan vir jou sê hoeveel moeite om in te sit nie. Dit is
alleenlik jou eie keuse waar jy jou eie ervaring konstrueer. Aan die ander kant
kan die proeftydperk ook ‘n tyd wees waar jy jouself in jou werk in gooi, en
baie baie leer!
Aanvanklik het ek gedink onderwysers doen maar almal
dieselfde, maar ek is defnitief verkeerd. Selfs in die skool waar ek geplaas
is, is dit baie duidelik. Sommige onderwyser sit geen moeite in nie, nie in hul
klaskamer of les aanbiedings nie. Onderwys is nie vir hulle meer lekker nie - nie
‘n passie nie. Ander onderwysers weer aan die ander kant, maak nie saak hoe
oud, raak SO opgewonde oor onderwys. Hulle doen moeite met die klasse, doen
moeite met die kinders, en dis so tipe onderwyser wat ek strewe om te wees.
Ek kan my indink dat dit moeilik is, en dat mens later
nie meer lus is nie. Maar as jy ‘n passie het, sal jy jouself weer optel en dit
doen omdat onderwyser jou eerste liefde is. Om eerlik te wees, kan die tipe
onderwyser reeds nou in die proeftydperk gesien word.. Om te proef is
kunsmatig, en dit is nie vir almal lekker nie. Dit weerspieël defnitief nie wat
jou ervaring as onderwyser gaan wees nie. Maar dit is tog nodig, en dit gee
perspektief. Dit is ‘n tydperk waar jy kan oefen en alles kan prober om te sien
wat vir jou werk.
Hierdie week was daar baie take by die skool waarby die
proefstudente betrokke kon raak, maar slegs ‘n handjie vol student het opgedaag
om deel te neem. Dit is hier waar ek kan sien dat alle onderwysers nie gemaak
is vir onderwys nie. Ek hoop hulle kom gou genoeg agter dat dit nie hul passie
is nie, wat onderwys is nie net iets wat jy ligtelik moet opneem, of iets wat
jy moet doen omdat jy nie weet wat anders om te doen nie. Dit is die
belangrikste beroek daar buite. En ons moet sorg dat ons dit goed doen!
‘n Onderwyser moet baie dinge kan wees, en bereidwillig
wees om AL die nodige posisies vol te staan. Een en ding waarvan ek vereseker
is – ‘n onderwyser kan NIE lui wees nie. Dit is die een beroep waar die ekstra
myl sowaar lewensveranderend (vir jou en jou leerders) sal wees.
Absolutely spot on! However sometimes life outside of work makes us despondent with everything we do but being able to draw on the strength from our colleagues can bring about a change in how we deliver. If you have good ideas, share them with those colleagues or chat to them about how you could approach a new topic. This may revive their spirit and love for teaching. Try something new in the last few weeks you have left.
ReplyDeleteBaie goeie insigte – en baie goeie raad van Gavin af! Baie dankie vir u toewyding – ek is trots op u :)
ReplyDeleteBaie dankie vir die opbouende terugvoer! Ek waardeer dit opreg
ReplyDelete