Hierdie week het ek geleer dat dit een van die heel belangrikste dinge is om goeie verhouings te bou in die onderwyse beroep. Met dit bedoel ek goeie verhoudings met jou leerders en kollegas. Hierdie week het ek aktief gekyk na verhoudings tussen leerders en hul onderwyser, en ek glo regtig (sonder om idealisties te klink), dat leerders wil hĂȘ dat hulle onderwysers van hulle moet hou.
Ons het n klein debat tussen van die proefstudente daaroor gehad hierdie week, omdat party mense baie sukkel en van mening is dat leerders nie regtig omgee wat die onderwyser dink nie. Ek stem nie saam nie. Baie leerders kom na die skool toe om aanvaarding te kry, iets wat baie kinders nie baie die huis kry nie. Dus glo ek hulle het n soeke na aanvaarding by die skool.
My skakelonderwyser is n toonbeeld hiervan. Wanneer hy n af tydjie het in klas, gesels hy met die leerders oor nie-akademiese sake. Oor hulle vakansie, of sport, of ouers, of enige belangstellings wat hulle het - omdat hy goeie verhoudings met sy leerders het. En die leerders is MAL oor hom. As gevolg hiervan respekteer hulle hom makliker en luister wanneer hy praat en ernstig is.
Aanvanklik het ek gedink hierdie tipe optrede gaan leerders laat voel of die onderwyser sy/haar 'buddy' is, maar dit is nie my obserwasie nie. Uit my ondervinding het dit net n goeie uitwerking. Dit vorm ook deel vam die "holistiese onderwyser" leefstyl wat ons al behandel het in die klas.
Ek sien uit na die res van die proeftyd, want hoe meer ek die leerders leer ken en verhoudings op bou. Hoe makliker en natuurliker kom die onderwys vir my. So dit is waaraan ek nie kon ophou dink hierdie week nie - verhoudings. Want in enige beroep is dit belangrik, maar in onderwys is dit (na my mening) , heel bo aan die lys.
Good working relationships are very important because it not only makes you feel part of a team but it helps you realise that you have the support of your colleagues. Likewise, good relationships with your pupils/students are equally important because it commands respect for you and how they come to view you and the subject you offer. Good observation!
ReplyDelete