Hierdie week het goed begin, maar nou aan die einde het
ek regtig ‘n breuk nodig. Ek was vir die eerste keer gekrit hierdie week, en ek
dink dit het darm goed gegaan. Hierdie week het ek ‘n bietjie meer ervaar hoe
dit in die “regte lewe” is om ‘n onderwyser te wees. Verkeie dinge het my buite
die skool besig gehou, en ek moes baie goed my tyd bestuur en beplan om by
alles uit te kom. Die ervaring van skool was dus tot nou toe in my oë kunsmatig
- om skool toe te kom en dit is al wat
ek het om te doen. In die regte lewe, wanneer ons regte onderwysers is, gaan
dit nie so gebeur nie, omdat jou persoonlike lewe ook nog aangaan. Jy moet tyd
maak vir vriende en onvoorsiende omstandighede. Hierdie week het my dit geleer
– om gebalanseerd te wees is baie belangrik. Ek kan nie vir 5 dae alleenlik
aandag aan skool gee, en dan 2 dae alleenlik aan persoonlike sake nie. Ek moet
‘n manier kry om hierdie twee te kombineer. Hierdie week was dit vir my ‘n skok
toe ek dit agterkom, maar nou dat ek weet daarvan en doelbewus kan werk hieraan,
sal ek die res van my proeftydperk ‘n beter gebalanseerde daaglikse roetine
volhou.
Die leerders was hierdie week baie woelig, daar was ‘n
markdag, dit was 40 days en die koor het gesing vir die skool. Hierdie alles
het bygedra daartoe dat die periodes se tye verander het, wat vir die leerders
op ‘n heel ander golflengte plaas. So almal was bietjie besiger en remoeriger
as gewoontlik, maar steeds kon alles goed verloop en klasse kon aangaan soos
normaal. In weke soos hierdie sal die onderwysers in die peroneel vergadering ook
mekaar aanmoedig om bietjie rustiger op die kinders te wees en nie so streng
soos gewoontlik te wees nie, omdat die personeel verstaan dat die leerders op
hierdie dae bietjie uit hul nate sal wees en dit probeer akkomodeer. Ek vind dit
baie spesiaal en bedagsaam van die personeel. Soos ek al voorheen gesê het is
hierdie skool regtig vir die leerders en hulle behoeftes kom eerste. Ek dink
dit is ‘n baie goeie en belangrike eienskap van ‘n skool.
Volgende week sal seker weer so week wees omdat dit
volgende naweek interskole is. So ons sal maar sien wat in daardie lesse
gebeur. Vir nou is ek uitgeput en moeg, maar ek is bly ek proef en ek is bly ek
sien wat dit regtig vat om ‘n onderwyser te wees.
Work life balance is essential however getting at taste of the 'real world ' is always an eye opener. Being able to make adjustments to your normal routine is good. All work and no play will make teaching a dull job. Enjoy every minute of it while you are there. Best wishes!
ReplyDeleteSterkte met die interskole week...leerders is heeltemal op 'n ander golflengte wat skrik vir niks! Maar solank die onderwysers ook gees vang, dan is dit lekker.
ReplyDeleteEn ek stem saam met jou, die realiteit van skoolgee én 'n lewehandhaaf naskool is nogal 'n kuns op sy eie...probeer maar genoeg slaap inkry en werk in jou af periodes (dit werk vir my).
Sterkte en geniet interskole!