Friday, 7 August 2015

One, two, THREE

Iets van hierdie skool maak my baie opgewonde. Dit is werklik n skool vir die leerders. Wanneer daar iets gebeur is dit volkome deur en vir die leerders. Ek wens eintlik my skool was meer so. 
Wanneer daar n dans gerëel word, doen die leerders dit. Wanneer daar n saalbyeenkoms is, hanteer die leerders alles. Daar is nie eens onderwysers op die verhoog nie, want die leerders praat met mekaar. Dit skep n baie goeie verhouding tussen leerders en tussen onderwysers en leerders. 
In die personeelkamer word daar ook gedurig gepraat oor hoe om die leerders te hanteer en hoe om hulle gemaklik te laat voel en aan te pas by wat in hul lewens buite akademiese werk gebeur. Dit maak my baie gelukkig, en dit wys my regtig wat dit vat om n goeie onderwyser te wees.

Skool is nou lekker, maar hierdie week het verskriklik stadig verloop! Ek het lesse aangebied en dit baie geniet, omdat dit nou al voel of my klasse MY klasse is. Ons kan al grappies met mekaar maak en daar is n gemklike atmosfeer in die klas (Hulle het selfs virmy gesing op my verjaarsdag). Lesbeplanning raak vir my makliker en aktiwiteite opstel is nie n groot berg wat voor my lê nie. Oor die algemeen was ek baie positief hierdie week.

Hierdie week het ek iets baie belangrik geleer. Ek het na een van studente kollegas se klasse gaan kyk, waar sy Engel moes aanbied. As n Afrikaanssprekende, kan ek getuig dat dit baie intimiderend kan wees. Sy het n pragtige les voorberei, maar sy het haarself baie betwyfel, en dus het leerders nie baie respek getoon nie. Dus - 'n onderwyser MOET selfversekerd wees in die vak wat aangebied word. Flip, selfs al is jy nie seker oor wat jy sê nie, is dit belangrik om selfvertroue uit te straal. Leerders wil glo jy kan hulle iets leer, anders mors jy hulle tyd. Ek betwyfel myself baie, maar ek durf nie dat die leerder dit raaksien nie.

So, ek is gelukkig waar ek is, maar dit put my uit. Ek leer baie! Maar vir nou is dit tyd vir langnaweek, na hierdie lang week.

3 comments:

  1. Another successful week behind you! I agree, use the long weekend to rest, don’t think about school until Monday for the latest :)!
    You mentioned confidence or the lack of it, this can be very tricky to a new/student teacher and requires you to think on your feet. In my experiences with situations such as these (I would when I was unsure) was to ask the class what they thought. Reverse questioning, pretty much like reverse psychology. There is no harm in telling your students that you are not quite sure; this could take one of two strategies e.g. work it out together, or tell them you (as well as them) will gather more information and get back to the class. They need to understand that you too are human and that you may not have all the answers. In one way they feel a bit more empowered when you’ve worked it out together or asked them to do some research of their own. Testing the limits are, as you may well know, just one of the students’ favourite pastimes. Have a good break over the long weekend and go back refreshed and confident! :)

    ReplyDelete
  2. Ek stem volkome saam met jou dat hierdie week baie stadig verloop het. Ek het dit net om gebid! Dit is tog waar wat jy se dat die klas al soos jou eie voel dit is n lekker gevoel en jou verhouding met die leerders kan so dan net verbeter.Leerders sal dan ook weet dat daar grappies gemaak kan word, maar terselfde tyd ernstig gewerk moet word. Hou so aan! lekker rus en ons het n korter week volgende week ;)

    ReplyDelete
  3. Dankie andrea! Ja, ek het so gevoel dat volgende week vir ons gaan vlieg!! Sterkte xx

    ReplyDelete