Week 9
Die laaste week! En dit was ʼn besige
een. Hierdie week het SO vinnig verloop – seker omdat almal allerhande dinge probeer
uitsorteer. Al die vorms moes geteken raak, en al die ekstra papier moet na
skool geprint word en gespellcheck
word. My portefeulje is klaar, en nou is ek tevrede, en kan ek ʼn lekker
vakansie hou (soort van). Daar is nog so baie om te doen voor die kwartaal weer
begin, maar vir nou fokus ek op die positiewe.
Hierdie week het ek my tyd goed probeer
benut. Die laaste bietjie met die leerders gesels en my laaste bietjie skool
ingeasem. Ek was nie skaam om ekstra werkies te doen nie, want ek weet dit is
die laaste, en ek dink (snaaks genoeg) dat ek hierdie plek gaan mis as ek weg
is. Ek dink terug aan die eerste dag wat ons hier aangekom het en glad nie
geweet het waar om te wees of met wie om te praat nie. nou is dit so gemaklik
en almal het hul plekkie gekry. Een ding waarvoor ek oneindig dankbaar is, is
die goeie vriende wat ek tydens hierdie proeftydperk ontmoet het. Dit maak my
ook opgewonde oor die personeel saam met wie ek eendag sal werk.
Ek het nie verwag om goeie vriende
met van my mede proefstudente te word nie, inteendeel, ek het verwag dat ons
almal baie geïrriteerd met mekaar gaan word, omdat almal onder stres is en in ʼn
omgewing is wat vir ons almal ongemaklik en vreemd. Maar nou ken ons mekaar, en
almal was saam deur die moeilike en lekke-lag oomblikke. Ons kan nie op gepraat
raak oor waar ons volgende gaan uiteet, en tee drink en koek eet nie. Ek
waardeer dit, en dit het my proeftydperk soveel beter gemaak.
Dit laat my ook dink aan student wat alleen by ʼn skool geproef het. dit moes
baie moeilik vir hierdie student gewees het, omdat daar niemand is wat
dieselfde ondervinding as jy op daardie oomblik het nie. Ek sou graag wou hoor
hoe hulle dit ervaar. Ek glo ek kan iets daarvan leer, want wanneer ek in ʼn pos
aanvaar word, gaan daar nie noodwendig nog ander jong onderwysers saam met my
aangestel word nie. Then I have to stand
my own ground.
So, hierdie week was ʼn gelukkige
week. Gelukkig dat ek die kans gekry het om by ʼn skool te kon skoolhou en ʼn
band met leerders kon maak. Gelukkig dat ek nuwe vriende kon maak. Gelukkig dat
proef klaar is. Gelukkig dat ek weet ek kan teruggaan na ʼn goeie universiteit.
En gelukkig dat ek nou ʼn lekker, welverdiende vakansie kan neem.
Well done! You did a great job and now deserve a break.
ReplyDelete