WEEK 6
Ons
word so baie geleer dat leerders self gemotiveerd moet wees in hul skool werk,
en in die skool waar ek myself bevind pas hulle ook hierdie ideologie toe.
Hulle werk nie volgens reëls nie, maar eerder volgens waardes. Daar is nie ‘n
dissiplinêre stelsel nie, en geen strawwe wat aan die leerders gegee kan word
indien hulle ongehoorsaam is nie. Leerders word dus aangemoedig om self die
regte besluite te neem, self goeie punte te wil kry, en self
verantwoordelikheid te aanvaar vir hul skoolwerk. Tot dusver het ek gedink hierdie
is die beste benadering vir ‘n skool, maar na hierdie week het ek ‘n ander siening
gekry.
Ek
het in een van my vakke vir die leerders ‘n aktiwiteit gegee, en hulle die hele
periode gegee om dit te voltooi. Ek was ook beskikbaar en het my hulp aangebied
indien hulle iets nie verstaan nie of vrae wou vra. Ek het geweet dis ‘n hoë
standard aktiwiteit, en dus het ek hulle voor die tyd voorberei en seker gemaak
hulle weet ek is daar om hulle te help. Niemand het hulp gevra nie, en toe ek
die aktiwiteite terugkry, was die uitslae pateties. Nie eens net swak punte
nie, maar geen moeite is gedoen aan die aktiwiteit nie. Sommige leerders het
dit nie eens gedoen nie, of slegs een word antwoorde geskryf.
As
gevolg van dit, dink ek dissipline in ‘n skool is belangrik. Hierdie leerders
is gewoont daaraan dat hulle kan doen wat hulle wil, want die skool gaan niks
aan hulle doen nie. Hulle hoef nie klas toe te gaan nie, want die onderwysers
doen niks as hulle bunk nie. Leerders
word gewoont gemaak aan ‘n spesifieke standaard in die skool, en omdat hulle
nie aangemodig word om te presteer nie, aanvaar hulle dit te maklik om net “average” te wees.
Dus,
leerders moet geleer word van dissipline in hul skool werk, en reëls is nodig vir jong mense. Hulle is nog
nie volwasse genoeg om aan hul eie lot oorgelaat te word nie. Hulle het nog nie
daardie insig nie. Onderwysers en skole moet rigting gee, en deur geen reëls in
die skool te hê nie, word leerders gewoont daaraan om nie aan nagevolge te dink
nie. Leerders moet dus, volgens my mening, konstruktief opgevoed word binne ‘n
sekere raamwerk.
Dissipline is nodig, dit hoef nie op ‘n hoë skaal te wees nie,
maar jong kinders kan nie vertrou word om altyd die regte besluite te neem,
sonder leiding van die skool, onderwysers, of beheer sisteem nie.