Thursday, 30 July 2015

Wat is "stout" nou eintlik?

31 Julie 2015

Week TWEE, dankie tog!! Die sprong van week een na week twee was so groot en het soveel verbetering gebring. Hierdie week was leerders meer gewoond aan die proefstudente, ons het begin klas aanbied en ons voel nie meer uit nie. Ek raak al hoe meer kreatief met my kosblik wat ek elke dag inpak :), en bestuur ook deesdae my tyd na skool beter. Hierdie week was 'n goeie week.

Daar is 'n tema waarop ek hierdie week wil fokus, wat ek ook in van my kollegas te blogs gelees het oor: Die idee dat daar ondersky moet word in 'n klas tussen die "stout" kinder en die "soet" kinders. Wanneer ek klasse waarneem, of insit by my mede proefstudente se lesse, maak dit my hart seer om hierdie onderskeiding eerstehands te sien gebeur.
Dit is algemeen om te sê: "Oe, ek sien al die stout kinders sit aan hierdie kant van die klas", of "julle groep is stout, so skuitf uit mekaar uit!", of selfs "julle is stout so ek gaan nie julle antwoorde aanvaar nie".
Ek weet nie of ek al die hele jaar lank in 'n verskillende klas as jy was nie, maar dit gaan teen alles wat daar vir ons geleer word. Die kinders moet opgebou word, nie afgebreek word nie!
Wat het geword van, "jou gedrag is nie aanvaarbaar vandag nie"of "die antwoord was nie gepas nie". Ek dink die probleem moet eerder aangespreek word, as wat die leerder beledig word. Dus het ek hierdie week besluit om 'n punt daarvan te maak om geen leerder as "stout" te label nie, want watter positiewe invloed kan dit nou eintlik op die leerder hê?

Op 'n ander noot, het ek ook hierdie week besluit om my proef planne te verander. Ek het aanvanklik gedink ek gaan al my obserwasies in die eerste week uit die pad uit te kry, maar hierdie week het ek besef dit is dalk nie die slimste move nie. Ek het my lesse so versprei dat ek elke week klass aanbied behalwe die laaste week. Nou het ek besluit om die helfte van my obserwasies vir die laaste week te hou, sodat ek  nie net in die klas sit en die tyd om wens nie, maar eerders 'n goeie, besige einde aan my proeftydperk kan hê.

Hierdie week oor die algemeen was goed en BAIE beter as die vorige een. Die "soet"/"stout" kwessie het my besig gehou die week, omdat ek in elke klas baie oplettend was hieroor. Ek kom agter ek geniet my een spesialiserings vak baie meer as die ander een, en volgende week bied ek lekker baie van my gunsteling aan. Next week's got nothing on me.


5 comments:

  1. Excellent observations! A positive attitude such as yours is a breadth of fresh air to learners however remaining positive throughout your time there will be a challenge because each day will give rise to new one tests. Remember to record/document your evidence (pics, plans, work samples etc.) using the tablet. You have the qualities to be an excellent teacher. Well done thus far!

    ReplyDelete
  2. Dankie vir die stuk! Ek hou baie van die manier hoe jy dink oor die soet/stout belemmeringe. Soos my instinkte skop, meen ek jy's op die regte pad :)
    Hou so aan - en dokumenteer (soos Gavin noem).

    ReplyDelete
  3. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  4. Hi Janie ek stem volkome saam met jou! Ek het ook agter gekom dat daardie leerder wat as "stout" gesien word juis die leerder is wat onder die vlerk geneem moet word en reg gehelp moet word. Party van hulle soek net aandag wat hulle dalk nie tuis ontvang nie. Alle sterkte met week 3!

    ReplyDelete
  5. Baie dankie vir die kommentaar!

    ReplyDelete