20-24 Julie 2015
Hierdie week was my heel eerste keer van proef en die aand voor die tyd was ek beide op my senuwees en opgewonde. Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Ek was onseker of ek die regte klere gaan aantrek, of ek op die regte plek gaan parkeer, of ek by die regte ingang ingaan en of ek op die regte plek in die personeelkamer gaan sit.
Ek het toe, korrek geklee en parkeer in die skool ingestap. Eers was dit als baie vreemd: Die leerders weet nie wie ons is nie, en ons nie wie hulle is nie. Maar dit het in die week verander en ek het gesigte leer ken. Aan die begin van die week het ek baie uit plek uit gevoel. Dit was ongemaklik en vreemd in die nuwe omgewing sonder al die gemaklikheid van die gewoonte. Soos my persoonlikheid is, het ek positief en vriendelik probeer bly, en dit het toe baie beter geword, en ek het gemakliker begin voel.
Wat ek in die skool gesien het in die eerste week is die volgende: Hierdie skool is baie anders as wat ek verwag het. Ek moet gewoond raak daaraan en aanpas by die feit dat die skool nie klem lê op dissipline nie. Leerders kan basies lyk en doen wat hulle wil- wat eers vir my na choas geklink het, maar dit werk in die skool. Eers was dit vreemd, omdat dit nie is wat ek gewoond is nie, maar ek het begin aanvaar dat dit nie noodwendig 'n slegte ding is nie. Dit wil blyk dat, as gevolg hiervan, daar n baie geoeie en gemaklike onderwyser-leerder verhouding in die skool vorm. Dit sal heel waarskynlik een van die belangrikste dinge is wat ek sal aanleer in my skoolbesoek.
Wat ook duidelik is, is dat die onderwysers die proef studente makliker aanvaar, wanneer ons bereidwillig is om deel te neem in verskillende aktiwiteite. Dus het ek myself beskikbaargestel om te help by funksies reël, sport afrig en by sportdae uithelp ens. Dit het my gehelp om met verskillende onderwysers te skakel, en dit het my gemakliker gemaak in die skool en personeelkamer.
Iets wat vir my hirdie week 'n uitdaging was, was om die onderwysers te leer ken en gemaklik om hulle te word. Die grootste deel daarvan is om die onderwysers aan te spreek. Daar is baie jong onderwysers in my skool, wat soms slegs 3-5 jaar ouer as ek is, dus is dit vir my vreemd om hulle as "Meneer" en "Mevrou" aan te spreek, eerder as op hul name. Dit is steeds n uitdaging.
Iets wat ek gedink het n uitdaging sal wees, was die rooster omdat ek nie gewoond is om so baie in die klas te wees nie. Tot my verbasing was dit glad nie n probleem vir my nie, intendeel ek het dit geniet om in die klasse te wees en die onderwysers se styl te leer ken.
Verder was die eerste week genotvol, omdat my skakelonderwyser my baie uithelp en gemaklik laat voel.
Ek sien uit daarna om die leerder beter te leer ken, en hulle vir my, want ek glo dat dit die klasomstandigehde sal vergemaklik wanneer ek volgende week my eerste les moet aanbied.
From shaky to reasonably comfortable. You seem to enjoy your school and your new found colleagues, all positives for you. Even more inspiring is that you have shown them your willingness to help out and be part of the team. Sadly not everyone is enjoying the same level of comfort you are experiencing hence I suggest you make the most of it. I certainly think that you are going to enjoy things even more now that you are interacting with the students as a teacher. Best wishes with your lessons and keep your positive attitude.
ReplyDeleteThank you, Gavin :)
ReplyDelete