31 Julie 2015
Week TWEE, dankie tog!! Die sprong van week een na week twee was so groot en het soveel verbetering gebring. Hierdie week was leerders meer gewoond aan die proefstudente, ons het begin klas aanbied en ons voel nie meer uit nie. Ek raak al hoe meer kreatief met my kosblik wat ek elke dag inpak :), en bestuur ook deesdae my tyd na skool beter. Hierdie week was 'n goeie week.
Daar is 'n tema waarop ek hierdie week wil fokus, wat ek ook in van my kollegas te blogs gelees het oor: Die idee dat daar ondersky moet word in 'n klas tussen die "stout" kinder en die "soet" kinders. Wanneer ek klasse waarneem, of insit by my mede proefstudente se lesse, maak dit my hart seer om hierdie onderskeiding eerstehands te sien gebeur.
Dit is algemeen om te sê: "Oe, ek sien al die stout kinders sit aan hierdie kant van die klas", of "julle groep is stout, so skuitf uit mekaar uit!", of selfs "julle is stout so ek gaan nie julle antwoorde aanvaar nie".
Ek weet nie of ek al die hele jaar lank in 'n verskillende klas as jy was nie, maar dit gaan teen alles wat daar vir ons geleer word. Die kinders moet opgebou word, nie afgebreek word nie!
Wat het geword van, "jou gedrag is nie aanvaarbaar vandag nie"of "die antwoord was nie gepas nie". Ek dink die probleem moet eerder aangespreek word, as wat die leerder beledig word. Dus het ek hierdie week besluit om 'n punt daarvan te maak om geen leerder as "stout" te label nie, want watter positiewe invloed kan dit nou eintlik op die leerder hê?
Op 'n ander noot, het ek ook hierdie week besluit om my proef planne te verander. Ek het aanvanklik gedink ek gaan al my obserwasies in die eerste week uit die pad uit te kry, maar hierdie week het ek besef dit is dalk nie die slimste move nie. Ek het my lesse so versprei dat ek elke week klass aanbied behalwe die laaste week. Nou het ek besluit om die helfte van my obserwasies vir die laaste week te hou, sodat ek nie net in die klas sit en die tyd om wens nie, maar eerders 'n goeie, besige einde aan my proeftydperk kan hê.
Hierdie week oor die algemeen was goed en BAIE beter as die vorige een. Die "soet"/"stout" kwessie het my besig gehou die week, omdat ek in elke klas baie oplettend was hieroor. Ek kom agter ek geniet my een spesialiserings vak baie meer as die ander een, en volgende week bied ek lekker baie van my gunsteling aan. Next week's got nothing on me.
Thursday, 30 July 2015
Friday, 24 July 2015
Proef proef proef- Week 1
20-24 Julie 2015
Hierdie week was my heel eerste keer van proef en die aand voor die tyd was ek beide op my senuwees en opgewonde. Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Ek was onseker of ek die regte klere gaan aantrek, of ek op die regte plek gaan parkeer, of ek by die regte ingang ingaan en of ek op die regte plek in die personeelkamer gaan sit.
Ek het toe, korrek geklee en parkeer in die skool ingestap. Eers was dit als baie vreemd: Die leerders weet nie wie ons is nie, en ons nie wie hulle is nie. Maar dit het in die week verander en ek het gesigte leer ken. Aan die begin van die week het ek baie uit plek uit gevoel. Dit was ongemaklik en vreemd in die nuwe omgewing sonder al die gemaklikheid van die gewoonte. Soos my persoonlikheid is, het ek positief en vriendelik probeer bly, en dit het toe baie beter geword, en ek het gemakliker begin voel.
Wat ek in die skool gesien het in die eerste week is die volgende: Hierdie skool is baie anders as wat ek verwag het. Ek moet gewoond raak daaraan en aanpas by die feit dat die skool nie klem lê op dissipline nie. Leerders kan basies lyk en doen wat hulle wil- wat eers vir my na choas geklink het, maar dit werk in die skool. Eers was dit vreemd, omdat dit nie is wat ek gewoond is nie, maar ek het begin aanvaar dat dit nie noodwendig 'n slegte ding is nie. Dit wil blyk dat, as gevolg hiervan, daar n baie geoeie en gemaklike onderwyser-leerder verhouding in die skool vorm. Dit sal heel waarskynlik een van die belangrikste dinge is wat ek sal aanleer in my skoolbesoek.
Wat ook duidelik is, is dat die onderwysers die proef studente makliker aanvaar, wanneer ons bereidwillig is om deel te neem in verskillende aktiwiteite. Dus het ek myself beskikbaargestel om te help by funksies reël, sport afrig en by sportdae uithelp ens. Dit het my gehelp om met verskillende onderwysers te skakel, en dit het my gemakliker gemaak in die skool en personeelkamer.
Iets wat vir my hirdie week 'n uitdaging was, was om die onderwysers te leer ken en gemaklik om hulle te word. Die grootste deel daarvan is om die onderwysers aan te spreek. Daar is baie jong onderwysers in my skool, wat soms slegs 3-5 jaar ouer as ek is, dus is dit vir my vreemd om hulle as "Meneer" en "Mevrou" aan te spreek, eerder as op hul name. Dit is steeds n uitdaging.
Iets wat ek gedink het n uitdaging sal wees, was die rooster omdat ek nie gewoond is om so baie in die klas te wees nie. Tot my verbasing was dit glad nie n probleem vir my nie, intendeel ek het dit geniet om in die klasse te wees en die onderwysers se styl te leer ken.
Verder was die eerste week genotvol, omdat my skakelonderwyser my baie uithelp en gemaklik laat voel.
Ek sien uit daarna om die leerder beter te leer ken, en hulle vir my, want ek glo dat dit die klasomstandigehde sal vergemaklik wanneer ek volgende week my eerste les moet aanbied.

Subscribe to:
Posts (Atom)